Psalms 143:7 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Hoor my gou, HERE, my gees beswyk; verberg u aangesig nie vir my nie, dat ek nie word soos die wat in die kuil neerdaal nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Antwoord my tog gou, Here, want ek het moed verloor. Moenie U vir my verberg nie, anders word ek soos dié wat sterf. |
| Afrikaans 1933/1953 | Verhoor my tog gou, HERE: my gees beswyk! Verberg u aangesig nie vir my nie, sodat ek nie word soos hulle wat in die kuil neerdaal nie. |
| Afrikaans 1983 | Antwoord my tog gou, Here, ek is heeltemal gedaan. Moet tog nie van my af wegkyk dat ek word soos dié wat sterwe nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | U moet my gou antwoord, Here; my gees is gedaan. Moet tog nie u gesig vir my verberg nie; dan word ek net soos hulle wat in die put afdaal. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Here, U moet my gou antwoord, ek verlang baie na U. U moet kyk hoe dit met my gaan, ek is soos iemand wat besig is om te sterf. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Help my asseblief tog gou, Here. Ek is besig om dood te gaan. Moet my nie ignoreer nie, anders gaan ek nog gouer dood. |