Psalms 143:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Ek strek my hande na jou uit; my siel dors na jou soos 'n dorsland. Sela.
Afrikaans (NLV) 2011 Ek strek my hande uit na U. Ek dors na U soos ’n verdorde land. Sela
Afrikaans 1933/1953 Ek brei my hande tot U uit; my siel dors na U soos 'n uitgedorde land. Sela.
Afrikaans 1983 Ek strek my hande uit in gebed na U toe, ek is voor U soos 'n uitgedorde land. Sela
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ek strek my hande uit na U; my diepste wese smag na U soos dor grond.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek steek my hande uit na U, ek verlang na U soos 'n droë land verlang na water. Sela
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek kan nie sonder U klaarkom nie. Ek roep na U. Soos ’n dor stuk land niks is sonder water nie, so kan ek nie sonder U verder lewe nie.