Psalms 143:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want die vyand het my siel vervolg; Hy het my lewe teen die grond geslaan; Hy het my in die duisternis laat woon soos dié wat lankal dood is. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | My vyand agtervolg my, vertrap my teen die grond, hy laat my in duisternis lewe soos dié wat lankal dood is. |
| Afrikaans 1933/1953 | Want die vyand vervolg my siel; hy vertrap my lewe teen die grond; hy laat my woon in duisternisse soos hulle wat lankal dood is. |
| Afrikaans 1983 | 'n Vyand vervolg my, hy trap my in die grond, hy hou my gevange in die donker. Ek is soos iemand wat lankal dood is. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ja, vyande agtervolg my, hulle verpletter my lewe teen die grond; hulle laat my woon in donker plekke, soos mense wat lankal dood is. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | My vyande jaag my, hulle trap my in die grond in, hulle laat my in die donker sit soos iemand wat lank gelede dood is. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Mense wat my nie liefhet nie, wil my in die grond in trap. Hulle wil net hê dat dit met my sleg moet gaan. Hulle vat die lig uit my lewe weg. My lewe het vir my alle betekenis verloor. |