Psalms 143:2 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En tree nie in die gereg met u kneg nie, want voor u oë sal geen mens wat lewe, geregverdig word nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Moenie ’n regsgeding teen u dienaar begin nie, want niemand wat lewe, is voor U onskuldig nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | En gaan nie na die gereg met u kneg nie, want niemand wat leef, is voor u aangesig regverdig nie. |
| Afrikaans 1983 | Moet tog nie 'n regsaak teen my begin nie, want niemand wat leef, is voor U onskuldig nie! |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Moet net nie u dienskneg voor die gereg daag nie; want niemand wat leef, is voor U regverdig nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | U moenie vir my, u dienaar, oordeel nie, want niemand is onskuldig wanneer hy voor U staan nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Moet asseblief nie sê dat ek skuldig is voor U nie. In elk geval, daar is niemand op aarde wat onskuldig voor U is nie. Selfs nie eens hulle wat U dien, is sonder sonde nie. Ook ek is skuldig. |