Psalms 143:11 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maak my bespoedig, HERE, ter wille van U Naam;
Afrikaans (NLV) 2011 Here, laat my lewe ter wille van u Naam; lei my uit my nood, want U is regverdig.
Afrikaans 1933/1953 o HERE, maak my lewend om u Naam ontwil; lei my siel uit die benoudheid, in u geregtigheid.
Afrikaans 1983 Ter wille van u Naam, Here, laat my lewe. U is regverdig, red my uit die nood.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ter wille van u Naam, Here, moet U my in die lewe hou; deur u regverdige optrede moet U my uitlei uit die nood;
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Here, ek behoort aan U, U moet my laat aanhou lewe. U doen altyd reg, U moet my vrymaak, want ek kry baie swaar.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Here, gee my krag om reg te lewe sodat U die eer daarvoor kry. Help my asseblief uit my nood uit. U tree mos reg teenoor u kinders op.