Psalms 142:8 — Compare Translations
5 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (NLV) 2011 | Bevry my uit die gevangenis sodat ek u Naam kan loof. Opregtes sal rondom my kom staan, want U is goed vir my.” |
| Afrikaans 1983 | Bevry my uit my gevangenskap, dat ek u Naam kan loof. Die regverdiges sal dankbaar om my kom staan wanneer U aan my goed doen.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Lei my uit gevangenskap, sodat ek u Naam kan prys. Regverdiges sal om my saamkom as U aan my goed doen.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | U moet my uithaal uit die tronk, dan sal ek vir U dankie sê, en die mense wat reg lewe, sal rondom my kom staan omdat U goed was vir my. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Help my asseblief uit my moeilikheid uit, Here, sodat ek U kan prys. Ek is nou vasgevang soos iemand in ’n tronk. Maar u kinders sal saam met my u Naam grootmaak, omdat U my gehelp het. |