Psalms 142:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Bring my siel uit die gevangenis, dat ek U Naam kan loof; die regverdiges sal my omring; want jy sal goedhartig aan my handel.
Afrikaans (NLV) 2011 Luister na my hulpgeroep, want ek is terneergedruk. Red my van dié wat my vervolg, want hulle is te sterk vir my.
Afrikaans 1933/1953 Luister na my smeking, want ek is baie swak; red my van my vervolgers, want hulle is vir my te sterk. [ (Psalms 142:8) Lei my siel uit die gevangenis om u Naam te loof. Die regverdiges sal my omring as U aan my goed doen. ]
Afrikaans 1983 Luister tog na my hulpgeroep, want ek is magteloos. Red my van my vervolgers, want hulle is te sterk vir my.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Gee tog aandag aan my klaagroep, want ek is baie nietig. Red my van my vervolgers, want hulle is te sterk vir my.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) U moet luister wanneer ek bid, want dit gaan baie sleg met my. U moet my red van die mense wat my jaag, want hulle is te sterk vir my.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Help my asseblief as ek vra. Self kan ek niks doen nie, want ek het niks krag nie. Bevry my van mense wat agter my aanloop om my kwaad aan te doen, want hulle is sterker as ek.