Psalms 142:5 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Ek het U aangeroep, HERE: Ek het gesê: U is my toevlug en my deel in die land van die lewendes.
Afrikaans (NLV) 2011 Ek kyk na regs, maar niemand sien my raak nie. Daar is vir my geen ontvlugting nie, en niemand gee om vir my nie.
Afrikaans 1933/1953 Ek sien uit na regs en kyk, maar daar is niemand wat my ken nie; die toevlug is vir my verlore; niemand vra na my nie.
Afrikaans 1983 Ek soek hulp, maar niemand wil help nie, daar is vir my geen vlugkans nie en niemand gee vir my om nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) As ek regs kyk, sien ek niemand is my goedgesind nie. 'n Skuilplek is vir my verlore; niemand is begaan oor my lewe nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Wanneer ek langs my kyk, dan is daar niemand wat van my weet nie. Daar is nie 'n plek waarnatoe ek kan vlug nie, niemand is bekommerd oor my nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Mense het die lewe vir my moeilik probeer maak. Hulle wou hê ek moes misluk. Hulle help my nie. Niemand gee vir my om nie. As ek mense vra om my te help, maak hulle of hulle my nie ken nie. Niemand wil my help nie. Hulle vra nie eens hoe dit met my gaan nie.