Psalms 142:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Ek het na my regterhand gekyk en gesien, maar daar was niemand wat my sou ken nie; geen man het vir my siel omgegee nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Wanneer ek moed verloor, dan ken U my pad. Op die pad waarop ek loop, het hulle vir my ’n strik gestel. |
| Afrikaans 1933/1953 | As my gees in my versmag, dan ken U my pad. Op die pad wat ek moet gaan, het hulle 'n vangnet vir my gespan. |
| Afrikaans 1983 | Ek het alle moed verloor, U weet wat ek moes deurmaak. Op die pad waar ek loop, het hulle vir my 'n strik gestel. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Wanneer my gees in my begin weifel, is dit U wat my pad ken. Op die pad wat ek moet loop, het hulle in die geheim 'n vangnet vir my gespan. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Wanneer ek moedeloos word, dan is dit U wat weet wat met my gebeur. My vyande het vir my 'n vangnet styfgetrek op die pad waar ek loop. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | As ek moed opgee, sal U weet wat vir my die beste is. Mense wil my laat struikel en val. |