Psalms 141:9 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Bewaar my van die strikke wat hulle vir my gelê het, en die tinne van die werkers van ongeregtigheid. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Bewaar my van die strikke wat hulle vir my gestel het, van die vangnet van hulle wat onreg doen. |
| Afrikaans 1933/1953 | Bewaar my vir die mag van die vangnet van die wat vir my strikke stel, en vir die strikke van die werkers van ongeregtigheid. |
| Afrikaans 1983 | Beskerm my teen die strik wat hulle vir my gestel het, teen die valstrikke van dié wat onreg doen. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Beskerm my teen die greep van die vangnet wat hulle vir my gespan het, teen die valstrikke van hulle wat onreg pleeg. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Mense wat slegte dinge doen, wil my in vangnette en vangstrikke vang. U moet keer dat ek nie daarin val nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Beskerm my teen slegte mense wat my tot ’n val wil bring. Mense wat slegte dinge doen, probeer my op ’n skelm manier om die bos lei. Laat hulle wat U nie dien nie, in hulle eie slaggate trap. |