Psalms 141:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Ons gebeente is verstrooi by die mond van die graf, soos wanneer 'n mens hout op die aarde kap en kloof.
Afrikaans (NLV) 2011 Soos wanneer een wat ploeg die aarde oopbreek, so verspreid lê ons beendere by die bek van die doderyk.
Afrikaans 1933/1953 Soos 'n mens in die aarde vore en skeure trek, is ons beendere gestrooi by die mond van die doderyk.
Afrikaans 1983 Soos 'n land vol kluite lê as die ploeër dit oopbreek, so sal hulle bene versprei lê by die bek van die doderyk.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Soos wanneer iemand grond omploeg en vore daarin maak, lê ons beendere uitgestrooi by die ingang van die •doderyk.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die leiers sal moet sê: “Ons bene lê oral by die bek van die doderyk, dit lyk soos wanneer iemand geploeg het en die grond stukkend gebreek het.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hulle bene sal oral rondlê soos grond wat omgeploeg is.