Psalms 141:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Wanneer hulle regters op klipperige plekke omvergewerp word, sal hulle na my woorde luister; want hulle is soet. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | As hulle leiers afgegooi word van ’n krans, dán sal hulle my woorde hoor en weet dit was goed. |
| Afrikaans 1933/1953 | As hulle regters aan die kant van die rots afgegooi word, dan sal hulle hoor dat my woorde lieflik is. |
| Afrikaans 1983 | As hulle leiers van 'n krans afgegooi word, sal hulle my hoor sê: “Goed so!” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Al sou hulle regeerders oor die rand van 'n krans afgegooi word, sou hulle steeds hoor dat my woorde aangenaam is. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Wanneer die Here die leiers van die slegte mense van 'n rots laat afval, dan sal ek sê dit is goed. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Daarom is ek baie bly om te hoor dat hulle mag gebreek is. |