Psalms 141:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Neig my hart nie tot enige kwaad, om goddelose werke te doen met mense wat ongeregtigheid doen nie; en laat my nie eet van hulle lekkernye nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Bewaar my van verkeerde begeertes wat lei na bose dade, saam met mense wat sonde doen en so saam eet aan hulle lekkernye. |
| Afrikaans 1933/1953 | Neig my hart nie tot iets wat sleg is, om in goddeloosheid dinge te doen saam met manne wat ongeregtigheid werk nie; en laat my van hulle lekkernye nie eet nie. |
| Afrikaans 1983 | Hou my gedagtes weg van verkeerde dinge, dat ek nie in sonde verval saam met manne wat onreg doen nie, en dat ek nie deelneem aan hulle feeste nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Moet my hart nie laat neig na iets wat sleg is nie, sodat ek nie deur 'n misstap roekeloos optree saam met manne wat onreg pleeg nie; laat ek tog nie aan hulle lekkernye proe nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | U moet keer dat ek nie slegte dinge wil doen nie, dat ek nie dinge wil doen wat verkeerd is saam met die mense wat slegte dinge doen nie, dat ek nie die dinge wat vir hulle lekker is, saam met hulle geniet nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Keer my dat ek nie lus kry om slegte dinge te doen saam met mense wat U nie dien nie. Hulle stel net in hulleself belang. Hulle doen verkeerde dinge. Help my om nie saam met hulle slegte dinge te doen nie. |