Psalms 141:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Laat die goddeloses in hulle eie nette val, terwyl ek tog ontvlug.
Afrikaans (NLV) 2011 Laat die goddeloses in hulle eie vangnette val, maar laat my vrykom daarvan.
Afrikaans 1933/1953 Laat die goddelose in hulle vangkuile val, almal saam, terwyl,k verbygaan!
Afrikaans 1983 Laat die goddeloses gevang word in hulle eie nette, maar laat my ongedeerd verbykom.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Laat goddeloses in hulle eie vangnette val, terwyl ek alleen daar verbygaan.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) U moet hierdie mense wat verkeerd doen, in hulle eie vangnette laat val, maar die nette moenie vir my vang nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Laat hulle deur hulle eie geknoei ten gronde gaan. Maar ek, ek sal verder gelukkig lewe.