Psalms 140:9 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Wat die hoof betref van die wat my omring, laat die onheil van hulle lippe hulle bedek. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Here, moenie toegee aan begeertes van bose mense nie. Moenie toelaat dat hulle planne suksesvol is nie. Sela |
| Afrikaans 1933/1953 | HERE, gee tog nie die begeertes van die goddelose nie; laat sy listige plan nie geluk, sodat hulle hul verhef nie. Sela. |
| Afrikaans 1983 | Moet tog nie dat hulle hulle sin kry nie, Here, moet tog nie dat hulle planne slaag nie. Sela |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Here, gee tog nie die goddeloses wat hulle begeer nie; hulle bose planne, laat dit nie slaag nie. Hulle sal verwaand raak. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | U moenie vir die mense wat verkeerd doen, gee wat hulle wil hê nie, U moet keer, hulle planne moenie slaag nie, Sela sodat hulle nie kan dink hulle is belangrik nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Here, moenie U steur aan mense wat U nie wil dien nie. Moenie toelaat dat hulle met my maak wat hulle wil nie. Moenie dat hulle regkry wat hulle in die mou voer nie. Anders hou hulle net aan om te dink dat hulle beter is as ander mense. |