Psalms 140:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Gee nie, o HERE, die begeertes van die goddelose nie; verder nie sy goddelose plan nie; dat hulle hulleself nie verhef nie. Sela.
Afrikaans (NLV) 2011 Oppermagtige Here, my sterke redder, U bewaar my op die dag van die veldslag.
Afrikaans 1933/1953 HERE Here, Sterkte van my heil, U beskut my hoof in die dag van stryd!
Afrikaans 1983 O Here my God aan wie ek behoort, my kragtige Redder, U beskerm my wanneer die goddeloses my aanval.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Here, my Heer, die krag wat my verlos, U beskut my kop op die dag van oorlog.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Here, my Here, U is sterk en U sal my red. U het my beskerm toe daar oorlog was.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek is U s’n, Here. U het al die krag om my te help. U beskerm my as ek in die moeilikheid is.