Psalms 140:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Ek het aan die HERE gesê: U is my God; hoor die stem van my smekinge, HERE! |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Trotsaards het vir my ’n strik gestel; ’n net van toue het hulle gespan, en op die pad vir my wippe gestel. Sela |
| Afrikaans 1933/1953 | Trotsaards het vir my 'n vangnet gespan en toue; hulle het 'n net uitgespan aan die kant van die pad; strikke het hulle vir my gestel. Sela. |
| Afrikaans 1983 | Hovaardige mense stel vir my strikke, hulle span toue om my te vang, hulle stel 'n valstrik op my pad. Sela |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hoogmoediges het in die geheim vir my 'n vangnet gespan; met toue het hulle 'n net langs die pad oopgesprei; vangstrikke het hulle vir my gestel. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hoogmoedige mense wil my vang, hulle het 'n vangnet van toue gemaak en hulle het dit styfgetrek oor my pad, hulle wou vir my in vangstrikke vang. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Mense wat dink hulle is beter as ander, probeer my aan die neus rondlei. Hulle wil my in die moeilikheid bring sonder dat ek dit verwag. Daarom maak hulle planne om my om die bos te lei. |