Psalms 140:13 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Waarlik, die regverdiges sal U Naam loof; die opregtes sal voor U aangesig woon.
Afrikaans (NLV) 2011 Maar ek weet die Here behartig die regsaak van die hulpeloses en die regte van die armes.
Afrikaans 1933/1953 Ek weet dat die HERE die regsaak van die ellendige, die reg van die behoeftiges sal behartig. [ (Psalms 140:14) Sekerlik, die regverdiges sal u Naam loof, die opregtes sal voor u aangesig woon. ]
Afrikaans 1983 Ek weet, die Here behartig die regsaak van die hulpelose, Hy sorg vir die reg van die arme.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ek weet: Die Here behartig die regsaak van magteloses, die reg van behoeftiges.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek weet dat die Here die mens sal help wat homself nie kan help nie wanneer mense hom beskuldig. Die Here sal reg doen aan mense wat niks het nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek voel gerus om te weet dat die Here vir die mense sal sorg wat hulp nodig het. Hy sal sorg dat mense reg teenoor hulle optree, want Hy self is die regter.