Psalms 140:12 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Ek weet dat die HERE die saak van die ellendiges en die reg van die armes sal handhaaf.
Afrikaans (NLV) 2011 Moenie toelaat dat lasteraars hulle in ons land vestig nie. Laat mense van geweld keer op keer met rampe getref word.
Afrikaans 1933/1953 Laat die kwaadspreker nie op aarde bevestig word nie; die man van geweld -- laat die ongeluk hom jaag met slag op slag.
Afrikaans 1983 Laat daar geen skindertong in die land wees nie, laat onheil dié wat geweld pleeg, elke keer weer tref!
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Lasteraars – mag hulle nie gevestig raak in die land nie. Geweldenaars – mag onheil op hulle jag maak, keer op keer.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Mense wat sleg praat van ander mense moenie in die land bly nie, U moet die wrede mense wegjaag. Dit moet altyd sleg gaan met hulle.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Laat elkeen wat lelike dinge sê, nie regkry wat hy sê nie. Laat die slegte dinge wat hulle aan ander wil doen, hulle self tref. Die ongeluk moet hulle keer op keer ry.