Psalms 14:7 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Ag, as die verlossing van Israel uit Sion gekom het! as die HERE die lot van sy volk terugbring, sal Jakob juig, en Israel juig. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Mag daar vir Israel redding kom uit Sion! Wanneer die Here sy volk herstel, sal Jakob juig, sal Israel bly wees. |
| Afrikaans 1933/1953 | Ag, mag die verlossing van Israel uit Sion kom! As die HERE die lot van sy volk verander, dan sal Jakob juig, Israel sal bly wees. |
| Afrikaans 1983 | Ag, mag daar tog uit Sion vir Israel redding kom! Wanneer die Here die lot van sy volk verander, sal Jakob juig, sal Israel bly wees. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Mag daar uit Sion redding kom vir Israel! Wanneer die Here die lot van sy volk omkeer, moet Jakob juig, moet Israel bly wees. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek bid dat daar uit Sion iemand sal kom wat vir Israel sal red. Wanneer die Here dit beter laat gaan met sy volk, dan sal die nageslag van Jakob juig, dan sal Israel feesvier. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ek bid dat die Here sy kinders uit sy woonplek sal help. Dit sal hulle bly maak as die Here hulle gee wat hulle nodig het, as Hy hulle in hulle eer herstel. |