Psalms 14:4 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Het al die werkers van ongeregtigheid geen kennis nie? wat my volk eet soos hulle brood eet, en die HERE nie aanroep nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Sal boosdoeners dan nooit leer nie? Hulle eet my volk soos brood; hulle dink nie daaraan om die Here te dien nie.
Afrikaans 1933/1953 Het al die werkers van ongeregtigheid dan geen kennis nie, die wat my volk opeet asof hulle brood eet? Hulle roep die HERE nie aan nie.
Afrikaans 1983 Julle almal wat onreg pleeg, wat my volk opeet asof julle brood eet en wat weier om die Here te dien — weet julle dan nie
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Is almal wat onreg pleeg dan sonder insig, hulle wat my volk eet soos 'n mens brood eet? Hulle roep die Here nie aan nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Besef julle wat sal gebeur met julle wat slegte dinge doen? Julle wat my mense op-eet soos mense brood eet, julle wat nie tot die Here bid nie, besef julle wat sal gebeur?
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hulle behandel die kinders van God sleg en buit hulle uit. Hulle praat nie eens met God nie.