Psalms 14:2 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Die HERE het uit die hemel neergesien op die mensekinders om te sien of daar iemand was wat verstaan en God soek. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die Here kyk neer vanuit die hemel op die hele mensegeslag om te sien of daar één verstandige is, één wat vir God soek. |
| Afrikaans 1933/1953 | Die HERE het uit die hemel neergesien op die mensekinders, om te sien of daar iemand verstandig is, wat na God vra. |
| Afrikaans 1983 | Van die hemel af kyk die Here die mense deur om te sien of daar één verstandige is, één wat na die wil van God vra. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die Here kyk vanuit die hemel na die mense om te sien of daar iemand is wat verstandig is, iemand wat God soek. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here kyk uit die hemel na die mense om te sien of daar iemand is wat verstandig is, iemand wat vra wat God wil hê. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Here soek tussen mense na iemand wat die verstand het om na Hom te soek en te doen wat Hy vra. |