Psalms 14:1 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) (Aan die musiekleier, 'n Psalm van Dawid.) Die dwaas het in sy hart gesê: Daar is geen God nie. Hulle is korrup, hulle het gruwelike werke gedoen, daar is niemand wat goed doen nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Net dwase sê vir hulleself: “Daar is geen God nie.” Hulle is korrup en hulle dade is boos. Niemand doen die goeie nie!
Afrikaans 1933/1953 Vir die musiekleier. 'n Psalm van Dawid. Die dwaas sê in sy hart: Daar is geen God nie. Sleg, afskuwelik maak hulle hul dade; daar is niemand wat goed doen nie.
Afrikaans 1983 Vir die koorleier. Van Dawid. Die dwaas dink daar is geen God nie. Dwase mense vernietig alles; wat hulle doen, is 'n gruwel vir die Here. Daar is nie een wat goed doen nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Vir die •musiekleier. Van Dawid. Dwase sê in hulle harte: Daar is geen God nie. Hulle tree gruwelik en afstootlik op. Daar is nie een wat goed doen nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Vir die leier van die koor: Van Dawid. Dit is dwase mense wat dink daar is nie 'n God nie. Hulle is slegte mense, hulle is wreed, nie een van hulle doen goed nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dit is net ’n baie dom mens wat dink God is nie daar nie. Jy kan dit sien aan wat sulke mense doen: hulle kul en bedrieg net. Hulle stel nie belang om enigiets goeds te doen nie.