Psalms 139:19 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Waarlik, U sal die goddelose doodmaak, o God; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | As U net die goddeloses sal uitroei, o God! Gaan weg van my, julle moordenaars! |
| Afrikaans 1933/1953 | o God, as U tog maar die goddelose wou ombring! En julle manne van bloed, gaan van my af weg! |
| Afrikaans 1983 | As U tog maar die goddelose uit die weg wou ruim, o God! Gaan weg van my af, julle moordenaars! |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | As U, o God, goddeloses maar wou ombring! Manne wat bloed vergiet, gaan weg van my af! |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | O God, ek bid dat U die mense moet doodmaak wat verkeerd doen. U moet die moordenaars laat weggaan van my. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | God, raak tog ontslae van mense wat weier om U te dien. Julle wat ander wil doodmaak, moet van my af weggaan. |