Psalms 139:16 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) U oë het my goed gesien, maar tog onvolmaak; en in u boek is al my lede opgeskrywe wat gevorm is toe daar nog nie een van hulle was nie.
Afrikaans (NLV) 2011 U het my gesien voor ek gebore is. In u boek is alles opgeteken; elke dag is bepaal voordat een van hulle daar was.
Afrikaans 1933/1953 U oë het my ongevormde klomp gesien; en in u boek is hulle almal opgeskrywe: dae dat alles bepaal was, toe nog geeneen van hulle daar was nie.
Afrikaans 1983 U het my al gesien toe ek nog ongebore was, al my lewensdae was in u boek opgeskrywe nog voordat ek gebore is.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) U oë het my vormloosheid gesien. En in u •boekrol is hulle almal opgeteken – dae wat beplan is, toe nie een daar was nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) U het my gesien voordat ek gebore is. Ek was nog nie een dag oud nie, toe het U klaar in u boek geskryf hoe lank ek sal lewe.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Nog voordat ek mens geword het, het U my al beplan. U het my lewe toe al in u hand gehou. En U het besluit wat met my sou gebeur.