Psalms 139:15 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) My besittings was nie vir jou verborge toe ek in die geheim gemaak is, en wonderlik bewerk is in die laagste dele van die aarde nie.
Afrikaans (NLV) 2011 My bene was vir U sigbaar toe ek stilletjies gevorm is in die dieptes van die moederskoot.
Afrikaans 1933/1953 My gebeente was vir U nie verborge toe ek in die geheim gemaak is nie, kunstig geweef in die dieptes van die aarde.
Afrikaans 1983 geen been van my was vir U verborge toe ek gevorm is waar niemand dit kon sien nie, toe ek aanmekaargeweef is diep in die moederskoot.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) My skelet was nie vir U verborge toe ek in die geheim gemaak is nie, toe ek kunstig geweef is in die dieptes van die aarde.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) U het geweet van elke been in my liggaam toe U my gemaak het waar niemand dit gesien het nie, toe U my gemaak het in die liggaam van my ma.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Daar is nie ’n been in my wat uit sy plek is nie. U ken my totaal. Alles is soos U dit wil hê. U het my gemaak. Toe ek grootgeword het, het U vir my gesorg. U beheer ook my hele lewe.