Psalms 139:14 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Ek wil U loof; want ek is vreeslik en wonderbaar gemaak; wonderlik is u werke; en dat my siel goed weet. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ek loof U omdat U my so besonder wonderlik gemaak het. U werke is wonderbaar, ek weet dit alte goed! |
| Afrikaans 1933/1953 | Ek loof U, omdat ek so vreeslik wonderbaar is; wonderbaar is u werke! En my siel weet dit alte goed. |
| Afrikaans 1983 | Ek wil U loof, want U het my op 'n wonderbaarlike wyse geskep. Wat U gedoen het, vervul my met verwondering. Dit weet ek seker: |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ek prys U omdat ek op 'n ontsagwekkende, wonderbaarlike wyse gemaak is. Wonderbaarlik is u werke en ek besef dit maar te goed. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek wil vir U dankie sê, want ek word bang wanneer ek sien hoe wonderlik U my gemaak het. Alles wat U doen, is wonderlik, ek weet dit baie goed. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ek wil U prys omdat U my so volmaak geskep het. U doen wonderlike werk. Ek weet dat U groot dinge kan doen. |