Psalms 138:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Die HERE sal volmaak wat my aangaan: U goedertierenheid, HERE, is tot in ewigheid; verlaat die werke van U eie hande nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Here, U sal u doel met my bereik, want u troue liefde, Here, ken geen einde nie. Moenie die werke van u hande laat vaar nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Die HERE sal dit vir my voleindig! U goedertierenheid, HERE, is tot in ewigheid: laat nie vaar die werke van u hande nie! |
| Afrikaans 1983 | Die Here sal vir my alles goed laat afloop. Aan u liefde, Here, is daar geen einde nie. Moet tog nie die werk van u hande laat vaar nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die Here self tree vir my in. Here, u troue liefde duur vir ewig; u handewerk – moet dit nie laat vaar nie! |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here doen alles vir my. Here, U doen altyd wat U belowe het. U het die mense met u eie hande gemaak, U moenie vir hulle alleen los nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Here sal vir my sorg totdat ek die dag doodgaan. U liefde hou nooit op nie. Moet asseblief nie ophou om vir my goed te wees nie. |