Psalms 138:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Al wandel ek te midde van benoudheid, U sal my lewend maak; U sal U hand uitstrek teen die toorn van my vyande, en U regterhand sal my red.
Afrikaans (NLV) 2011 As ellende op my toesak, sal U my bewaar van die woede van my vyande. U steek u hand uit en red my deur u krag.
Afrikaans 1933/1953 As ek te midde van benoudheid wandel, behou U my in die lewe; U steek u hand uit teen die toorn van my vyande, en u regterhand verlos my.
Afrikaans 1983 As die nood my oorval, hou U my in die lewe teen die woede van my vyande in: U strek u hand uit, u regterhand red my.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) As ek in diep benoudheid verkeer, bewaar U my lewe; teen die toorn van my vyande steek U u hand uit; u regterhand verlos my.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Wanneer dit sleg gaan met my, dan laat U my aanhou lewe. U steek u hand uit en U keer my vyande wat kwaad is vir my, U red my met u eie hand.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Wanneer ek in die moeilikheid is, help U my. Mense kry my nie onder nie. U keer dat mense wat my wil seermaak, dit regkry. U red my uit hulle kloue.