Psalms 137:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Dink, HERE, aan die kinders van Edom op die dag van Jerusalem; wat gesê het: Breek dit, verdeel dit, tot op die fondament daarvan.
Afrikaans (NLV) 2011 Onthou tog die Edomiete, Here, en wat hulle gedoen het toe Jerusalem ingeneem is. Hulle het geskreeu: “Slaan plat! Slaan plat tot op die fondamente!”
Afrikaans 1933/1953 HERE, bring in herinnering vir die kinders van Edom die dag van Jerusalem, hulle wat gesê het: Breek weg, breek weg, tot op die grond met hom!
Afrikaans 1983 Onthou die Edomiete, Here, die dag toe Jerusalem ingeneem is, hoe hulle aangehou het met sê: “Breek af, breek af die stad tot op sy fondamente!”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Here, onthou die Edomiete oor die dag van Jerusalem, hulle wat gesê het: “Stroop, stroop haar tot op die fondamente!”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Here, U moet onthou wat die Edomiete gedoen het toe die vyande Jerusalem verwoes het. Hulle het gesê: “Breek die mure af, breek dit af tot op die fondamente!”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Here, straf die mense wat ons kosbare tempel platgeslaan het. Hulle het ons besteel. Hulle het gesê: “Breek dit af; slaan dit plat tot op die grond.”