Psalms 137:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | As ek aan jou nie dink nie, laat my tong aan my verhemelte kleef; as ek Jerusalem nie bo my grootste vreugde verkies nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | As ek nie meer aan jou dink nie, as Jerusalem nie my grootste vreugde is nie, mag my tong kleef aan my verhemelte. |
| Afrikaans 1933/1953 | Laat my tong kleef aan my verhemelte as ek aan jou nie dink nie, as ek Jerusalem nie verhef bo my hoogste vreugde nie. |
| Afrikaans 1983 | Mag my tong aan my verhemelte vaskleef as ek aan jou nie dink nie, as Jerusalem nie my grootste vreugde bly nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Mag my tong aan my verhemelte kleef, as ek jou nie onthou nie, as ek Jerusalem nie my heel grootste vreugde maak nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | As ek nie aan jou dink nie, dan moet my tong vassit bo in my mond sodat ek nie kan sing nie. Jerusalem moet die plek bly waar ek die graagste wil wees. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | As ek die stad vergeet, kan ek net sowel vergeet om my regterhand te gebruik. Dit sal nie gebeur nie. Mag ek vir altyd ophou praat as ek daardie plek vergeet waar ons die Here aanbid het. Niks maak my blyer as om daaraan te dink nie. |