Psalms 137:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want daar het hulle wat ons as gevangenes weggevoer het, van ons 'n lied geëis; en die wat ons vermors het, het van ons vreugde geëis en gesê: Sing vir ons een van die liedere van Sion. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Dié wat ons weggevoer het, het ons gevra om ’n lied te sing. Ons verdrukkers het gesê ons moet ’n vreugdelied sing: “Sing vir ons ’n Sionslied!” |
| Afrikaans 1933/1953 | Want daar het hulle wat ons as gevangenes weggevoer het, van ons die woorde van 'n lied gevra en hulle wat ons verdruk het, vreugde, deur te sê: Sing vir ons 'n Sionslied. |
| Afrikaans 1983 | toe dié wat vir ons gevange weggevoer het, ons gevra het om 'n lied te sing, toe dié wat vir ons leed aangedoen het, van ons vrolikheid wou hê: “Sing vir ons 'n lied oor Sion!” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | want daar het dié wat ons gevange geneem het vir ons die woorde van 'n lied gevra; hulle wat ons weggevoer het, het van ons vreugde verwag: “Sing vir ons een van die Sionsliedere!” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | want ons was gevangenes daar, en die mense wat vir ons gevang het, het vir ons gevra om 'n lied te sing. Die mense wat vir ons verdruk het, het vir ons gesê dat ons vrolik moet wees en 'n lied oor Sion moet sing. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die mense wat ons gevang en so sleg behandel het, het ons gespot. Hulle wou hê ons moet vrolik sing en bly wees, maar ons kon nie. Hulle het geëis: “Sing ’n lied oor die Here se woonplek in Jerusalem!” |