Psalms 135:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Hy laat die dampe opgaan van die eindes van die aarde af; hy maak weerlig vir die reën; hy bring die wind uit sy skatkamers.
Afrikaans (NLV) 2011 Hy laat wolke oor die aarde saampak. Hy maak weerlig vir die reën en bring die wind uit sy stoorkamers.
Afrikaans 1933/1953 Hy wat die dampe laat opgaan van die einde van die aarde af, bliksemstrale by die reën maak, die wind uit sy skatkamers laat uitgaan;
Afrikaans 1983 Hy laat die wolke opkom oor die horison, Hy maak die weerligstrale vir die reën en bring die wind te voorskyn.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy laat stapelwolke opstyg aan die einde van die aarde; Hy maak weerligstrale vir die reën; Hy laat die wind uit sy voorraadkamers vry;
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dit is die Here wat die wolke laat opkom van die kante van die aarde, dit is Hý wat die weerlig maak vir die reën, dit is Hý wat die wind laat uitkom uit sy stoorkamers.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Daar ver op die horison laat Hy die wolke opkom. Wanneer dit reën, laat Hy die weerligstrale rondblits. Hy laat die winde waai.