Psalms 134:1 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | ('n Lied van grade.) Kyk, loof die HERE, alle knegte van die HERE, wat snags in die huis van die HERE staan. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Prys die Here, alle dienaars van die Here. Julle wat snags diens doen in die huis van die Here, |
| Afrikaans 1933/1953 | 'n Bedevaartslied. Kom, loof die HERE, o alle knegte van die HERE wat snags in die huis van die HERE staan! |
| Afrikaans 1983 | 'n Pelgrimslied. Kom, prys die Here, julle almal wat Hom dien, julle wat in die nag in die tempel van die Here staan! |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | 'n •Pelgrimslied. Kom! Prys die Here, julle almal, diensknegte van die Here, wat snags diens verrig in die huis van die Here. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | 'n Lied wanneer mense na die tempel gaan. Luister, julle almal wat dienaars van die Here is, julle wat in die nag in die tempel werk, julle moet die Here prys. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Almal wat die Here dien, kom sê vir Hom baie dankie. Laat almal wat selfs in die nag die Here dien, dit doen. |