Psalms 133:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Soos die dou van Hermon en soos die dou wat op die berge van Sion neergedaal het, want daar het die HERE die seën beveel, die lewe tot in ewigheid. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Dit is soos die dou van Hermonberg wat neersak op die berge van Sion. Want daar gee die Here sy seën: ’n baie lang lewe. |
| Afrikaans 1933/1953 | Dit is soos die dou van Hermon wat neerdaal op die berge van Sion; want daar gebied die HERE die seën, die lewe tot in ewigheid! |
| Afrikaans 1983 | Dit is soos die dou van Hermonberg wat op die berge by Sion val. Waar broers so saam woon, skenk die Here sy seën: 'n lang, lang lewe. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Dit is asof die dou van Hermon afkom op die Sionsberge; want daar beveel die Here sy seën, lewe vir altyd. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Dit is soos die dou van Hermon-berg wat afloop tot op die Sion-berge. Want daar op die Sion-berge het die Here sy volk geseën, Hy het vir hulle die lewe gegee wat altyd aanhou. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Dit is soos dou wat vroegoggend van die Hermonberg afloop tot op Sion. Broers en susters wat regtig vir mekaar omgee, word deur die Here geseën; elke dag beleef hulle sy goedheid, elke dag van die lang lewe wat Hy skenk. |