Psalms 132:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Waarlik, ek sal nie in die tabernakel van my huis ingaan en nie op my bed klim nie;
Afrikaans (NLV) 2011 “Ek sal nie huis toe gaan en na my bed toe gaan nie.
Afrikaans 1933/1953 Sekerlik sal ek nie ingaan in die tent van my woning of klim op die bed wat vir my gesprei is nie;
Afrikaans 1983 “Ek sal nie in my slaapkamer ingaan nie en nie op die bed wat vir my reggemaak is, gaan lê nie,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “Ek sal nie ingaan in die tent waar ek woon; ek sal nie op my slaapbank gaan lê nie,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “Ek sal nie in my huis ingaan en op my bed gaan lê nie,
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) [3-5] “Ek sal nie rus voordat ek ’n tempel vir die Here, die magtige God, gebou het nie. Ek sal nie gaan lê en aan die slaap raak nie, tot ek ’n blyplek vir Jakob se God gebou het.”