Psalms 132:12 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | As jou kinders my verbond en my getuienis wat Ek hulle sal leer nakom, sal hulle kinders ook vir ewig op jou troon sit. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | As jou seuns luister na my verbond en die eise navolg wat Ek hulle leer, sal ook húlle seuns vir altyd regeer.” |
| Afrikaans 1933/1953 | As jou seuns my verbond hou en my getuienisse wat Ek hulle leer, dan sal hulle seuns ook vir ewig op jou troon sit. |
| Afrikaans 1983 | As jou nakomelinge hulle aan my verbond hou en aan die verordeninge wat Ek hulle leer, sal ook hulle seuns vir altyd op jou troon heers.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | As jou seuns my verbond nakom en my bepalings wat Ek hulle leer, sal ook húlle seuns vir altyd op jou troon sit.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | As die konings wat ná jou koning sal word, doen wat my verbond sê, as hulle gehoorsaam is aan my wette wat Ek vir hulle geleer het, dan sal hulle seuns ook altyd en altyd op jou troon sit.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | As die nageslag van Dawid die Here getrou dien volgens die ooreenkoms wat hy met die Here gemaak het, sal sy kinders se kinders ook soos hy as koning heers. Maar dan moet hulle doen wat God vra. |