Psalms 131:2 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Waarlik, ek het my gedra en my kalmeer soos 'n kind wat van sy moeder gespeen is; my siel is soos 'n gespeende kind.
Afrikaans (NLV) 2011 Maar ek het kalmte en rus gekry, soos ’n kindjie by sy moeder rus, so is my gemoed.
Afrikaans 1933/1953 Waarlik, ek het my siel tot bedaring gebring en stilgemaak; soos 'n gespeende kind by sy moeder, soos 'n gespeende kind is my siel in my.
Afrikaans 1983 Ek het rus en kalmte gevind. Soos 'n kindjie wat by sy moeder tevredenheid gevind het, so het ek tevredenheid gevind.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Maar ek het my siel tot kalmte en bedaring gebring. Soos 'n kindjie by sy moeder, soos 'n kindjie, is my siel in my.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Nee, ek is tevrede met wat ek is, ek is soos 'n kind wat nie meer aan sy ma drink nie, 'n kind wat gelukkig is by sy ma.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek is tevrede soos ek is. Ek is soos ’n babatjie wat veilig in sy ma se arms lê. Die wêreld kan maar vergaan, maar ek voel veilig en tevrede. Dit gebeur as jy op die Here vertrou.