Psalms 13:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Ek wil sing tot eer van die HERE, want Hy het goed aan my gedoen.
Afrikaans (NLV) 2011 Maar ek maak self staat op u troue liefde. Ek wil juig omdat U my gered het. Ek wil sing tot eer van die Here omdat Hy vir my goed was.
Afrikaans 1933/1953 Maar ek -- op u goedertierenheid vertrou ek; my hart sal juig oor u heil. Ek wil sing tot eer van die HERE, omdat Hy aan my goed gedoen het.
Afrikaans 1983 Ek hou vas aan u troue liefde, oor die uitkoms wat U gee, juig my hart. Ek wil sing tot eer van die Here, omdat Hy aan my goed gedoen het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Maar ek – op u troue liefde vertrou ek; my hart wil juig oor u verlossing. Ek wil vir die Here sing, omdat Hy aan my goed gedoen het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) En ek? Ek glo dat U sal doen wat U belowe het. Ek sal juig, want U sal my red, ek sal vir die Here sing omdat Hy goed gedoen het aan my.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Maar ek het op u getroue liefde staatgemaak. In my binneste borrel dit van vreugde omdat U my uit my moeilikheid help. Ek sal die Here se Naam met vreugde grootmaak omdat Hy so goed is vir my!