Psalms 13:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Aanskou en luister na my, HERE my God; maak my oë ligter, dat ek nie die slaap van die dood slaap nie; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hoe lank moet ek alleen planne maak, elke dag deurbring met droefheid in my hart? Hoe lank sal my vyand die oorhand hê? |
| Afrikaans 1933/1953 | Hoe lank sal ek planne beraam in my siel, met kommer in my hart oordag? Hoe lank sal my vyand hom oor my verhef? |
| Afrikaans 1983 | Hoe lank moet ek nog my eie planne maak en my dae met kommer deurbring? Hoe lank sal die vyand my nog oorheers? |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hoe lank nog moet ek kwellinge in my binneste dra, elke dag kommer in my hart? Hoe lank nog gaan my vyand die oorhand oor my hê? |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hoe lank moet ek nog self planne probeer maak, hoe lank moet ek elke dag huil en treur, hoe lank sal my vyande nog dink dat hulle sterker is as ek? |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hoe lank moet ek myself uit hierdie moeilikheid probeer kry? Ek is moeg daarvoor om aanmekaar bekommerd te wees. Hoe lank gaan my vyande my nog teen die planke vasdruk? |