Psalms 128:2 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want die arbeid van jou hande sal jy eet; gelukkig sal jy wees, en dit sal met jou goed gaan.
Afrikaans (NLV) 2011 Jy sal die vrug van jou arbeid geniet en gelukkig en voorspoedig wees.
Afrikaans 1933/1953 Die opbrings van jou hande sal jy sekerlik eet; gelukkig is jy, en dit gaan met jou goed!
Afrikaans 1983 Die vrug van jou arbeid sal jy geniet, gelukkig en voorspoedig sal jy wees.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die vrug van jou hande sal jy beslis geniet. Gelukkig is jy! Dit gaan goed met jou.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) As jy dit doen en as jy hard werk, dan sal jy genoeg hê om van te lewe. Dit sal goed gaan met jou, en jy sal ryk word.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Jou harde werk sal elke dag vir jou ’n goeie oes oplewer. Jy is die gelukkigste mens op aarde, want God sorg dat dit goed gaan met jou.