Psalms 127:5 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Gelukkig is die man wat sy pylkoker vol van hulle het; hulle sal nie beskaamd staan nie, maar hulle sal met die vyande in die poort spreek. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Gelukkig is die man wie se pylkoker vol van hulle is. Hy sal nie beskaam word wanneer hy in die stadspoort met sy vyand onderhandel nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Gelukkig is die man wat sy pylkoker daarmee gevul het! Hulle sal nie beskaamd staan as hulle met die vyande in die poort spreek nie. |
| Afrikaans 1983 | Dit gaan goed met die man wat sy pylkoker so gevul het! Sulke mense het niks te vrees as hulle met die vyand in die stadspoort onderhandel nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Gelukkig is die man wat sy pylkoker met hulle gevul het. Hulle sal nie beskaamd staan wanneer hulle met vyande in die stadspoort woorde wissel nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Dit gaan goed met 'n man vir wie die Here baie seuns gegee het, hy is nie bang dat hy sal verloor wanneer hy met die vyande in die poort praat nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hoe gelukkig is elke pa en ma wie se huis die vrolikheid van kinderstemme ken! Hulle hoef nooit bang te wees vir hulle vyande nie. |