Psalms 127:2 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Tevergeefs is dit vir julle om vroeg op te staan, laat op te sit, om brood van smarte te eet; want so laat Hy sy beminde slaap. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Tevergeefs werk julle so hard, van vroegoggend tot laatnag, soos julle swoeg om te bestaan. Maar vir hulle wat Hy liefhet, gee Hy dit in hulle slaap. |
| Afrikaans 1933/1953 | Tevergeefs dat julle vroeg opstaan, laat opbly, brood van smarte eet -- net so goed gee Hy dit aan sy beminde in die slaap! |
| Afrikaans 1983 | Tevergeefs dat julle vroeg opstaan en laat gaan slaap om met moeite 'n bestaan te maak. Vir dié wat Hy liefhet, gee die Here dit in hulle slaap. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Tevergeefs dat julle vroeg opstaan, eers laat tot rus kom, kos eet wat moeisaam verkry is. Netsowel gee Hy dit aan sy geliefdes in die slaap. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Dit help nie dat julle vroeg opstaan en laat gaan slaap nie, dit help nie dat julle hard werk om te kan lewe nie, want die Here sorg vir die mense vir wie Hy lief is, Hy gee vir hulle alles wat hulle nodig het, ook terwyl hulle slaap. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Dit is ’n vermorsing van tyd om vroeg op te staan en tot laatnag wakker te bly en jou morsdood te werk. Die Here gee vir almal wat Hy liefhet al hierdie goeie dinge in hulle slaap. |