Psalms 127:1 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) ('n Hooglied vir Salomo.) As die HERE die huis nie bou nie, arbei hulle tevergeefs wat daaraan bou; as die HERE nie die stad bewaar nie, word die wag maar tevergeefs wakker.
Afrikaans (NLV) 2011 As die Here die huis nie bou nie, is die bouers se arbeid tevergeefs. As die Here die stad nie beskerm nie, waak die wagte tevergeefs.
Afrikaans 1933/1953 'n Bedevaartslied. Van Salomo. As die HERE die huis nie bou nie, tevergeefs werk die wat daaraan bou; as die HERE die stad nie bewaar nie, tevergeefs waak die wagter.
Afrikaans 1983 'n Pelgrimslied. Van Salomo. As die Here die huis nie bou nie, swoeg dié wat daaraan bou, tevergeefs. As die Here die stad nie beskerm nie, waak dié wat dit beskerm, tevergeefs.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) 'n •Pelgrimslied. Van Salomo. As die Here die huis nie bou nie, swoeg die bouers tevergeefs daaraan. As die Here oor die stad nie wag hou nie, bly die wagte tevergeefs wakker.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) 'n Lied wanneer mense na die tempel gaan. Van Salomo. As die Here nie 'n huis bou nie, dan help dit nie dat die bouers hard werk om die huis te bou nie. As die Here nie 'n stad beskerm nie, dan help dit nie dat die wagte wakker bly nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) As die Here die huis nie bou nie, bou die bouers ’n bouval wat enige oomblik inmekaar kan stort. As die Here die stad nie oppas nie, help dit net mooi niks dat die polisie die strate patrolleer nie.