Psalms 126:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Hy wat uitgaan en ween en kosbare saad dra, sal ongetwyfeld met blydskap terugkom en sy gerwe saambring.
Afrikaans (NLV) 2011 Hulle wat met trane die saadsak loop en dra, sal beslis sing van vreugde wanneer hulle die gerwe dra.
Afrikaans 1933/1953 Hy loop aldeur en ween en dra die saadkoring; hy sal sekerlik kom met gejubel en sy gerwe dra.
Afrikaans 1983 Al loop hy en huil terwyl hy die saaisak dra, hy kom juigend terug terwyl hy sy gerwe dra.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die draer van die saadsak wat loop en huil, sal beslis terugkom met jubelkrete terwyl hy sy gerwe dra.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Iemand wat loop en huil terwyl hy die saadsak dra, sal loop en sing wanneer hy die gerwe dra wat hy afgesny het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Al werk ’n boer hard, is hy bly as hy ’n groot oes insamel. So verander swaarkry in blydskap.