Psalms 126:2 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe is ons mond vol gelag en ons tong met gesang; toe sê hulle onder die nasies: Die HERE het groot dinge aan hulle gedoen.
Afrikaans (NLV) 2011 Ons het toe gelag en van vreugde gesing. Die ander nasies het gesê: “Die Here het groot dinge vir hierdie mense gedoen.”
Afrikaans 1933/1953 Toe is ons mond gevul met gelag en ons tong met gejubel; toe het hulle onder die heidene gesê: Die HERE het groot dinge aan hierdie mense gedoen.
Afrikaans 1983 Ons het gelag en gesing. Onder die nasies het hulle gesê: “Die Here het groot dinge aan hierdie mense gedoen.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Daarna is ons monde met gelag gevul, ons tonge met jubelkrete. Toe is onder die nasies gesê: “Die Here het iets groots gedoen aan hierdie mense.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Toe het ons gelag en gesing, toe het ander mense gesê: “Die Here het groot dinge gedoen vir hierdie mense.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ons het aanmekaar gelag en gepraat, so bly was ons. Almal, selfs dié wat nie die Here dien nie, het dit raakgesien en gesê: “Die Here het wonderlike dinge vir sy kinders gedoen.”