Psalms 125:5 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Die wat afwyk na hul krom paaie, die HERE sal hulle uitlei saam met die werkers van ongeregtigheid, maar vrede sal oor Israel wees.
Afrikaans (NLV) 2011 Maar mag die Here dié verwyder wat saam met boosdoeners op verkeerde paaie loop. Mag daar vir Israel vrede wees.
Afrikaans 1933/1953 Maar die wat langs krom paaie wegdraai, sal die HERE laat vergaan saam met die werkers van ongeregtigheid. Vrede oor Israel!
Afrikaans 1983 Maar dié wat die verkeerde pad loop, mag die Here hulle vernietig saam met dié wat onreg doen. Mag daar vir Israel vrede wees!
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Maar dié wat afdraai op kronkelpaaie – die Here sal hulle laat weggaan saam met dié wat onreg pleeg. Vrede oor Israel!
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Maar die Here sal die mense straf wat opgehou het om te lewe soos die Here wil hê. Hy sal hulle straf saam met die mense wat slegte dinge doen. Ons bid dat Israel vrede sal hê.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) God straf mense wat aanhou om verkeerde dinge te doen. Hulle verdien om saam met kwaaddoeners uitgeroei te word. Mag die Here sy vrede vir julle gee!