Psalms 125:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want die roede van die goddelose sal nie rus op die lot van die regverdiges nie; dat die regverdiges nie hul hande na ongeregtigheid uitsteek nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die septer van goddeloses sal nie bly heers oor die land wat aan regverdiges gegee is nie, anders kan ook húlle in kwaad verval. |
| Afrikaans 1933/1953 | Want die septer van goddeloosheid sal nie rus op die erfdeel van die regverdiges nie, sodat die regverdiges hulle hande nie sal uitsteek na onreg nie. |
| Afrikaans 1983 | Oor die grondgebied van die regverdiges sal 'n goddelose nie die mag kry nie, sodat die regverdiges nie in misdaad verval nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ja, die goddelose septer sal nie rus op wat aan die regverdiges toegeken is nie, sodat die regverdiges nie hulle hande na onreg uitsteek nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | 'n Koning wat self verkeerd doen, sal nie aanhou om te regeer oor die land wat behoort aan mense wat reg doen nie. As dit gebeur, dan sal die mense wat reg doen, ook verkeerd begin doen. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Wees gerus, die Here beskerm die mense wat Hom liefhet. Slegte mense wat die Here nie dien nie, sal nie God se kinders kan mislei nie. Hulle sal nie sy kinders kan ompraat om kwaad te doen nie. |