Psalms 125:1 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | ('n Hooglied.) Die wat op die HERE vertrou, sal wees soos die berg Sion wat nie wankel nie, maar vir ewig bly. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hulle wat op die Here vertrou, is soos Sionsberg; hulle is onbeweeglik en sal vir altyd bly bestaan. |
| Afrikaans 1933/1953 | 'n Bedevaartslied. Die wat op die HERE vertrou, is soos die berg Sion wat nie wankel nie, maar bly tot in ewigheid. |
| Afrikaans 1983 | 'n Pelgrimslied. Dié wat op die Here vertrou, is soos Sionsberg wat nie wankel nie en altyd vas bly staan. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | 'n •Pelgrimslied. Hulle wat op die Here vertrou, is soos die berg Sion wat nie wankel nie, wat vir altyd vasstaan. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | 'n Lied wanneer mense na die tempel gaan. Die mense wat glo dat die Here hulle sal help, is soos die Sionsberg wat nie val nie en wat altyd daar is. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Iemand wat die Here vertrou, is soos ’n rots wat jy met geen hyskraan of koevoet kan beweeg nie. Hy staan vas sonder om te beweeg. |