Psalms 123:4 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Ons siel is uitermate vervul met die veragting van die wat gerus is, en met die veragting van die hoogmoediges.
Afrikaans (NLV) 2011 Ons het baie spot verduur van hoogmoediges, en veragting van die hooghartiges.
Afrikaans 1933/1953 meer as versadig is ons siel van die spot van die oormoediges, van die veragting van die trotsaards!
Afrikaans 1983 meer as genoeg spot van oormoedige mense, veragting van hovaardiges.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) tot in ons diepste wese het ons meer as genoeg gehad van die spotlag van selfvoldane mense, van die minagting deur hooghartiges.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ons wil hê dat hoogmoedige mense moet ophou om ons te spot en te verneder.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ons is moeg vir die arrogansie van mense wat dink hulle is beter as ander. Mense wat te veel van hulleself dink, dink ook dat hulle op ander kan neersien.